Friday, December 28, 2012

Verwyder 'n teks uit die Bybel?



Die volgende teks verskaf aan die Israelvisie groot hoofbrekens omdat dit hulle dogma grondliggend weerlê:

"Die Edomiet moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want jy was ‘n vreemdeling in sy land. Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die Here kom" (Deut. 23:7-8).

Ds. G Steenkamp voel verplig om hierdie gedeelte as verkeerd te beskou en te verwerp: "Die onmoontlike van die bestaande teks is dat dit bots met die res van die Skrif. Jahweh is onveranderlik, konsekwent. Hy sal nie die een oomblik dít sê en die volgende oomblik iets anders bedoel nie. Die Egiptenare was vyande, en uit dié slawehuis is Israel uitgelei. Die Edomiete word genoem ‘n volk op wie God vertoorn is tot in ewigheid (Mal. 1:1-4). Ek sou ook graag wou weet hoe en waar die derde geslag bepaal kon word in die praktyk van die lewe. En as die derde geslag dan kon inkom, waarom dan nie die tweede of die eerste nie? Nee, dié teksgedeelte het geen sin nie. Moses het die Egiptenare ook nie as sy naaste behandel nie (Ex. 2:12-13). Ons het hier met ‘n foutiewe teks te doen." "hierdie teks kanselleer ek baie graag" want "dit pas nêrens nie" "Dit is nie logies wat hier staan dat die verarmde, verhongerde, vertrapte volk die Egiptenaar moet terugbring ... nie"

No comments:

Post a Comment