Friday, December 28, 2012

Paulus distansieer hom van sy Israelietiese bande



Fillipense 3:1-16

Hy sê hy beskou dit alles as waardeloos – sy besnyding (korrek op die agste dag, volgens die voorskrifte); sy herkoms (Israeliet van stam van Benjamin); sy kwalifikasies (Fariseër wat al die wette nagekom het). Hy beskou dit alles as menslike dinge. Hy maak dit af as gemors, as drek. Sy bewoording is sterk.

Vers 8&9 (OAV): Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof


Vers 8 (NLV): Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is so wonderlik dat ek alles as verlies afskryf. Ter wille van Hom het ek alles as verlies afgeskryf. Ek beskou dit as gemors sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees. Ek probeer nie langer my saak met God regstel deur die wet te gehoorsaam nie, maar deur in Christus te glo. Deur geloof stel God ons saak met Hom reg.


Deurdat Paulus sulke sterk taal gebruik om sy herkoms mee af te skryf is sekerlik nie net om sy punt te bewys dat geloof die enigste manier is om met God te versoen nie, maar daarmee gee hy ook te kenne dat jou afkoms nie belangrik is om 'n kind van God te word nie. Daar is net een manier – geloof in Christus.

No comments:

Post a Comment