Friday, December 28, 2012

As God wil, kan klippe kinders van Abraham word!



In Matteus 3:1-12 is daar so 'n paar wonderlike gedagtes wat elke keer verbind kan word met latere verwysings in die Nuwe Testament.

Eerstens begin dit met "bekeer julle". wat beteken dit? Die Amplified Bible verduidelik dat dit begin met "change your mind". Dit beteken dat dit nie net 'n verandering van dade is nie, maar dat ons gedagtes moet vernuwe. (Ef 4:23; Rom 12:2)

Die tweede gedagte is bietjie later wat Johannes die Doper vir die Fariseërs en Sadduseërs sê dat hulle nie hulle maar net kan doop en dink dat hulle so God se toorn kan vryspring nie. Hy sê verder dat hulle afkoms, dat hulle kinders van Abraham is, niks beteken nie.(Joh 8:39; Rom 9:7; Fil 3:4-9) God kan selfs van klippe kinders van Abraham maak. (Gal 3:7)


Derdens moet hulle dade hulle geloof bewys.(Jakobus 2)


Johannes verwys na die Een wat na hom kom en Hy sal met Gees en vuur doop. Jesus Christus is die Vredevors wat vir my en jou sondes gesterf het en wat ons vrymaak van al die skuldgevoelens omdat ons dit nie kan regkry om God volkome te dien nie.

No comments:

Post a Comment