Monday, April 18, 2016

Gemeenteleier of manipuleerder?

Om vasgevang te wees in 'n gemeente waar die gemeenteleier begin eienskappe vertoon van 'n leier wat sy volgelinge deur denkbeheer ("mind control") gevange hou, ontneem jou van die vryheid wat daar in Christus is.

Die grootste gevaar is dat jy dit nie herken nie omdat jy reeds vasgevang is in die denkpatroon van die gemeenteleier. Daar is verskeie gedragsparone waaraan jy kan herken dat jy ingesuig is onder die beheer van 'n leier wat emosionele en denkbeheer (mind control) aanvanklik onbewustelik toepas en later tot 'n fyn kuns ontwikkel. Dit is 'n uiterste vorm van manipulasie. Enkele gedragspatrone is soos volg (opgeteken by 
http://energeticsinstitute.com.au/narcissistic-group-dynamics/ ): 'n veranderde persoonlikheid; 'n verwerping van ou vriende, gesinslede en familielede; 'n nuwe taal met woorde met nuwe betekenisse, 'n geslote vriendekring wat almal gekoppel is aan die leier; 'n verwerping van alle kritiese bevraagtekening en betwyfeling van die leier; 'n gewilligheid om alles wat die leier versoek te doen; haat eenoor almal wat die leier kritiseer; 'n geloof dat daar 'n donker verskuilde agenda is om die leier te ontbloot; 'n geloof dat kritiek op die beheer van die leier sal uitloop op erge teenspoed; die prysgawe van jou eie onafhanklike denke met die leier as die enigste bron van oplossings vir emosioenele en ander probleme; slegs die leier se mening is relevant en betekenisvol.
Ek wil hierby byvoeg 'n ontkenning van jou afhanklikheid en beinvloeding van die leier.

Binne 'n gemeentelike verband is die gevaar wat natuurlik nou voorkom dat die gemeenteleier sy eie gedrag baie maklik regverdig uit die Skrif. Die dogma wat in die gemeente gepredik word, spruit moontlik uit die sosiale omstandighede van die gemeentelede wat leef in die onsekerheid en bedreiging van die politiek van die dag. Daar is oorgenoeg wette en voorskrifte in die Ou Testament waaraan die ou Israel onderworpe was. Dit is baie maklik om êrens 'n Skrifgedeelte te vind om enige denkpatroon en gedrag te regverdig.

As daar dus staan jy moet iemand tugtig omdat so iemand nie gehoorsaam is nie, dan kan jy maar jou vrou slaan. Dit is nie die prediker wat so sê nie, maar die Skrif skryf dit voor. Selfs al is jy die predikant - of dalk juis omdat jy die gemeenteleier is moet jy die voorbeeld stel en jou vrou tugtig. As dit dan lei tot 'n skeisaak word dit toegeskryf aan die vrou wat ongehoorsaam was en daarom kom die predikant ongeskonde daarvan af.

Voor die fisiese kom natuurlik die emosionele manipulering om eers jou bande met jou eie familie te verbreek - al is dit selfs jou eie ouers omdat hulle nie gehoorsaam is aan die wette van God nie. Die doel van die verbreking van familiebande (en so ook enige sosialisering met sogenaamde ongelowiges) is tweërlei: eers om te verhoed dat gemeentelede nie blootstelling kan kry enigeiets wat moontlik kan verskil van die gemeenteleier se predikeing nie en andersyds om die emosionele afhanklikheid van die gemeente en die gemeenteleier te bevorder.

Die gemeenteleier se eie gedrag spruit na alle waarskynlikheid uit sy eie huis en agtergrond en dit waaraan hy blootgestel was as kind. Dalk was hy self onderhewig aan 'n dominante vader wat homself skuldig gemaak het aan mishandeling - beide fisies en emosioneel. Omdat die sielkundige ontleding baie gevaar kan inhou vir die gesag van die gemeenteleier word sielkunde natuurlik ook as taboe vir die gemeente beskou en mag hulle nie daardie kennis gebruik nie omdat hulle dan begin om die Skrif te wantrou en nie te gehoorsaam nie en dus nie lojaal aan die gemeenteleier en sy prediking te wees nie.


Die gemeentelede word gebind deur die denkraamwerk en word vasgevang in die sosiale raamwerk sonder blootstelling aan die buite wêreld. Christus het egter gekom om ons vry te maak van al die negatiewe bande wat ons bind en bied aan ons 'n lewe in oorvloed. Hy wil ons verlos uit die kloue van die dogma, denkpatrone en denkbeheerders waardeur ons gevange gehou word. Hy wil God se Liefde deur ons lewe.

Tuesday, October 13, 2015

Alles is nuut - Genade nuut oorgesê

Ek deel graag die stukkie deur Christo Nel:



Alles is Nuut – Genade nuut oorgesê
Ek geniet dit so as iemand iets oor God en die Evangelieboodskap sê wat vars en nuut is en wat dinge so oopbreek dat jy wens jy het dit eerste so raakgesien.
Daarom het ek dit so geniet toe ek nou die dag lees hoe die uitgesproke gelowige, Bono, die verskil uitwys tussen mense wie se verhouding met God op “karma” gebou is teenoor ander wat verstaan dat die hart van ’n werklike Bybelse verhouding met die God van die Bybel suiwer genade is.
As jou verhouding met God op karma gebou is, dan probeer jy heeltyd God gelukkig hou deur hierdie klompie wette te onderhou en daardie feeste te vier om deur God geseën te word.
Dan kry jy net uit wat jy insit.
Dit is soos daardie Ou-Testamentiese beginsel van ’n tand vir ’n tand. Alle seën in jou lewe is dan die gevolg van jy wat die regte goed doen.
Terwyl ek dit lees, sien ek so voor my soveel van my goeie, tradisionele Afrikaner vriende en familielede.
Dan loof ek die Here dat Hy my daaruit gered het, want ek was ook daar.
Goddank, ek het iets raakgesien van wat Paulus hier in Romeine 5:1 en 2 van skryf. Ek haal hierdie twee verse uit die nuwe Direkte Vertaling aan: “Omdat ons dan uit geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons ook in die geloof toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.”
Kom ons pluis ’n bietjie die heerlike geestelike vleis uit wat hier staan.
Bybelse geloof is nie werk nie. Dit is soos die leë hande van ’n bedelaar wat in groot dankbaarheid die geskenk van genade vat wat ons Hemelse Vader ons aanbied in Christus Jesus.
Ons weet ons het niks om daarvoor te betaal nie. Ons kan net die nuwe lewe vasgryp wat God ons in Christus Jesus aanbied.
Dit is wat hierdie geskenk van genade in werklikheid is. Dit is ’n nuwe lewe in Christus Jesus aan iemand wat voorheen dood was.
Gryp jy dit vas in geloof, bedien God se Gees hierdie nuwe lewe aan jou, begin dit bruis in jou gees en begin hierdie nuwe lewe deur jou siel en liggaam te borrel om stelselmatig jou alles te genees en te begin heelmaak.
Daar waar jy vasgevang is, wil en kan dit jou volkome verlos. Daar waar jy honger en dors is, kan dit jou honger stil en jou dors les. Daar waar jy sonder hoop is, bedien God se beloftes in Jesus Christus jou met nuwe hoop. Daar waar jy God se Gees toelaat, bewerk Hy liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing; die vrug van die Gees met ander woorde.
Daarom breek hierdie vrede in jou deur, want jy hoor hoe hierdie selfde Gees van God hierbinne ín jou jou verseker dat jy nou God se kind is en dat Sy genade in Christus geheel en al vir jou op alle vlakke genoeg is.
Toe jy in geloof ja gesê het vir God se geskenk in Jesus, het jy vir altyd ononderbroke toegang verkry tot God se stoorkamers wat propvol van al die genade geskenke staan wat nou ook joune is in Christus Jesus.
Deur hierdie geloof het God se Gees ook jou oë oop laat gaan vir hierdie God wat jou Vader geword het in Christus Jesus en hoor jy Hy is van nou af altyd, ononderbroke, vir ewig, jou God en Vader, jou Hoop!
Geloof is hierdie leë hande waarmee jy soos ’n bedelaar wat weet hy kan nie betaal vir wat hy hier aangebied word, die geskenk in God se hande net dankbaar vasgryp omdat Hy gesê het dit is ook vir jou!

Sunday, September 6, 2015

Hoop die messie glip ...

http://kruispad.com/hoop-die-messie-glip/

Hierdie skakel bring jou by 'n stukkie oor Galasiërs 5: 7-12 wat geweldig interessant is. Die fokus op diegene wat terugval op die wet en die wet probeer onderhou as voorwaarde om in die verlossing te bly. Dit maak Paulus sommer baie uitgesproke oor wat hy wens met die mense gebeur wat dit verkondig.

Ek haal dit hier aan:

Paulus het ’n passie om die jong Christene en gemeentes te help om op die regte pad te stap. Hy span hom in om soveel as moontlik te doen vir ander sodat hulle ook die hekke van die hemel kan oop kry. As die mense ná al die moeite van Paulus weer op die verkeerde pad begin loop, sak sy moed in sy skoene. Hy is so verontwaardig oor die knape wat vir die nuwe Christene die besnydenis as toegangskaartjie na die hemel verkoop dat hy sommer wens hulle messies glip sodat hulle hulle eie manlike dele afsny!
Glo jy my nie?
12Ek wens daardie spul se mes gly ’n slag sodat hulle hulleself ontman. Dan het hulle iets anders om hulle oor te bekommer.
Paulus noem ’n graaf ’n graaf, né! Ek wonder wie hierdie manne was wat die besnydenis so voorgestaan het? Ek wonder of dit nie die kerk was nie? Hulle het tog al die jare geleer dat as jy in die hemel wil kom, moet jy ’n snytjie hê. Wat is die nuwe storie dat dit nie meer nodig is nie? Wat is die storie van genade dan nou? Van voor hulle oupa grootjies af glo hulle al so, hoekom nou verander?
Daarom bly hulle nie stil nie en hulle probeer om die nuwe Christene van Galasiërs te oortuig dat besnydenis wel noodsaaklik is om in die hemel te kom. Maar helaas, die ouens het die bus gemis en ploeter voort op die verkeerde pad. Ai. Die ergste is dat dit nie maklik met hulle sal gaan op die oordeelsdag nie. Hoor hier: 10... Maar daardie persoon wat julle kop so deurmekaar kom krap het, wie hy ook al is, speel met vuur. God se oordeel wag op hom.
Ek wonder soms of alles wat ek glo in lyn is met God se idee. Is daar nie ook gebruike en dingetjies in my geloof waaraan ek gewoond geraak het, maar wat eintlik nie heeltemal in lyn staan met God se idee van glo nie. Neem nou maar die ouens van wie Paulus hier praat. Hulle het aanvanklik geglo dat hulle geloof in sy kruisdood en opstanding genoeg is vir hulle saligheid. Toe kom ander ouens daar verby en sê dat dit nié genoeg is nie. En sonder om regtig te dink, sonder om seker te maak by die Gees of dit die regte rigting is, stap die klomp mense soos dwase agter ’n blinde leier aan. Heeltemal in ’n verkeerde rigting.
Dit maak vir Paulus so mismoedig dat hy wens die ou se mes glip en sny ietsie af.
Voordat ons egter begin vingers wys moet ons seker maak dat ons nie ook agter blinde leiers aanstap nie. So met die jare kom daar maklik gewoontes en maniere by wat nie in lyn is met wat die Bybel sê nie. So maklik glo ons dinge omdat ons ouers se ouers so geglo het.
Miskien moet ons gaan stilsit en seker maak dat dit wat ons glo en die manier waarop ons ons godsdiens uitleef asook die invloed wat ons op mense rondom ons het, getuig van die Waarheid. Paulus sê ’n klein stukkie suurdeeg kan ’n groot invloed hê op die res van die deeg. Net so kan ek en jy ’n groot invloed hê op ander. Die vraag is dan: Het ons die regte suurdeeg? Is die invloed wat ons op ander het positief? Is ons op die regte bus?

Maak erns met die gedagte. Ek hoop dat jy voluit sal bly soek na die waarheid en dat jy sal toelaat dat die Heilige Gees jou lei op die regte pad. En dat jy nie deel sal wees van die crowd van wie Paulus hoop dat die messie sal glip nie!
[Die Bybel-aanhalings is uit Die Boodskap vertaling vir dowes en is uit Galasiërs 5:7-12. Lees dit gerus maar in die ou vertalings ook.]

Wednesday, August 19, 2015

Gedagtes oor die Nuwe Verbond

In die Ou Testament word sodanig na die Nuwe Verbond verwys dat dit daarop dui dat daar ‘n Nuwe Verbond kom wat die oue vervang. Die Ou Verbond is ‘n heenwysing na die nuwe wat deur Jesus Christus se soendood in plek gestel is. Jer. 31:31-34: “Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit.
Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here.
Feature Old Covenant New Covenant
When established at Exodus at crucifixion
Parties: God and national Israel (Ex. 19-24) Christians (Luke 22:20John 3:16-21)
People redeemed from bondage in Egypt (Ex. 20:2) in sin (Heb. 9:15)
Mediator of the covenant Moses (Ex. 20:18-19Heb. 9:19-20) Jesus Christ (Heb. 8:69:1512:24)
Ratified by blood of animals (Ex. 24:8Heb. 9:19-20) Jesus Christ (Matt. 26:28Rom. 3:25)
Promises offered prosperity, national security, become God's treasured nation (Ex. 19:5; Lev. 26) eternal life (John 3:16), children of God (Rom. 8:14-1729), know God, law in heart, forgiveness (Heb. 8:10-12), with God forever (Rev. 21:3-7
Initiation sign of the covenant circumcision (Gen. 17:11Ex. 12:48-49John 7:22-23) conversion of the heart (Matt. 5:8Acts 15:8Rom. 2:28-29)
Continuing sign of the covenant observance of the Sabbaths (Ex. 31:16-17Ezek. 20:12) new life of faith in Christ (Eph. 2:4-10;4:175:1-2)
Obligations obedience to the law that was given through Moses (Ex. 24:3; Lev. 26; Deut. 28) be perfect (Matt. 5:48), believe, obey Christ (Gal. 6:21 John 3:23-24Rom. 12:12 Cor. 10:5)
Duration of the covenant during time of national Israel, temple and Levites (Heb. 8:13) eternity (John 5:246:54-58Heb. 9:1512:22-28Rev. 21:3-7)
Priesthood Aaron and sons (Ex. 29:9; Lev. 8) Jesus Christ (Heb. 4:14-165:5-6), believers (1 Pet. 2:59)
High Priest entered presence of God symbolically once a year on the Day of Atonement after offering the required blood sacrifices (Lev. 16; Heb. 9:7) sat down at God's right hand forever, after offering his own blood for all (Heb. 7:20-8:29:11-14)
Holy place where God can be worshiped tabernacle in wilderness (Deut. 12), temple in Jerusalem (1 Kings 8:29-30) temple of the Spirit (1 Cor. 3:16), wherever believers are (John 4:21-24;Matt. 18:20)
Commemorations weekly Sabbath (Ex. 20:8-11,Deut. 5:12-15) and seasonal festivals (Lev. 23) Lord's Supper (Luke 22:19-20; Cor. 11:26-28)
Sacrifices continual offering of animals and food offerings (Lev. 1-7; Heb. 10:1) as a reminder of sins (Heb. 10:30) Christ's one sacrifice (Heb. 9:26-28;10:12) forgave sins, perfects the worshipper, clears conscience (Heb. 8:1210:1-222); Christian's life of service is to be a living sacrifice (Rom. 12:1)
Law Ten Commandments (Ex. 20; Deut. 5) and 603 additional laws governing moral, civil and religious affairs, fulfilled by adherence to the letter of numerous rules (Ex., Lev., Deut.) Sermon on the Mount reveals Christian attitude and way of thinking (Matt. 5-7), law of Christ fulfilled by loving God and humans (John 13:34-35Rom. 3:8-10Gal. 5:146:21 John 2:3-63:7-1021-24)
Contrast the letter kills (Rom. 4:14-152 Cor. 3:6), slavery (Gal. 4:24-25;5:1) The Spirit gives life (John 6:632 Cor. 3:6), freedom (Gal. 4:265:1)
Main feature the law was a shadow of the good things to come (Heb. 10:1) Jesus Christ, God in the flesh (Isa. 42:1-749:5-13; Heb. 1; 9:11-15; 10:5-10)
Contact with God through priesthood (Lev. 1-7) individual comes to God's throne (Heb. 4:16)

  • New Covenant - A Covenant which Gives Life (2 Corinthians 3:6 – literally “makes alive”)
  • New Covenant - A Covenant Written with the Spirit of the Living God (2 Corinthians 3:3)



Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. ’n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: ‘Jy moet die Here dien’ nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.” In Eseg. 11:19 en 20 belowe God oor hierdie nuwe era: “Ek sal hulle ‘n ander hart gee en ‘n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle ‘n hart van vleis gee. Dan sal hulle volgens my voorskrifte leef en my bepalings nakom en daarvolgens optree. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.” In Eseg. 36:26 e.v belowe Hy profeties: “Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery. Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.” Daarom hoor ons hoe Jesus by die instelling van die liefdesmaal Sy volgelinge leer dat wanneer hulle die beker drink, moet dink aan Sy bloed wat vir hulle gestort is. "Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.” (Luk. 22:20)Die Nuwe Verbond het in werking getree die oomblik wat die voorhangsel geskeur het met Jesus se dood aan die kruis. Dit dui daarop dat die skeiding tussen God en mens weggeneem is en dat God die tempel vervang het deur nou Self in die mense te kom woon. Die ou bedeling met ‘n tempel en wette is vervul en bestaan nie meer nie.
(Ek verwys hier ruim na wat CA Nel geskryf het en probeer nie beweer dat dit my oorspronklike gedagtes is nie. Ek glo dat God besig is om met my hieroor te praat deur middel van verskeie kanale.)


Vergelyking van die Ou en Nuwe Verbonde http://www.gci.org/law/oldandnew The Old Covenant vs. The New Covenant Jeremiah 31:31-34 http://outoftheoverflow.com/2009/09/22/whats-the-difference-between-the-old-covenant-new-covenant-in-the-bible/
(Hierdie stukkie kom uit 'n ander blog wat ek hou naamlik "Gedagtes oor geloof" by http://johansegedagtes.blogspot.com/)

Saturday, August 15, 2015

Moet ek my van my familie afsny?


Wanneer die prediker begin aanspraak maak daarop dat die gemeente die enigste is met die Waarheid en dat almal buite die gemeente nie deel is van die Volk van God nie, moet die rooi ligte van gesonde verstand begin aangaan. 

As jy hierdie bladsy en die verwysing hieronder lees, (en ek daag jou uit om as bestudeerder van die Skrif dit wel te gaan lees) word dit al hoe meer duidelik dat die manier waarop die Skrif gelees en geïnterpreer word, kan bepaal wat jy hoor en verstaan. 'n Logiese standpunt? Ja, natuurlik, maar wat beteken dit binne hierdie konteks. 'n Teologie wat gefundeer is in die Ou Testamentiese Wette wat gegeld het vir die teokratiese staat van Israel word letterlik en baie selektief toegepas. Wanneer 'n wet nie inpas met wat ek wil glo nie, kry ek erns anders 'n teksvers wat my standpunt regverdig. Netso as daar iets is wat ek wil glo kry ek 'n teksvers en ek interpreer dit letterlik en uit verband met die bedoeling daarvan. En Jesus waarsku tog duidelik dat hy wat sonder sonde is die eerste klip moet gooi.

Lees gerus http://libertyforcaptives.com/2013/08/25/frankenstein-faith-love-thy-neighbor-but-hate-thy-parent-part-1-of-10/ oor die afsny van familie of gesinslede. 

Bogenoemde stukkie illustreer hierdie beginsel baie duidelik en die slotsom waartoe gekom word, haal ek hieronder aan:
  Conclusion:
Jesus encountered a similar mindset in the religious hypocrites of his day who had worked out a spiritual-sounding method to dishonor their parents. Here’s what Jesus said to the Pharisees in Mark 7:9-13:
“You have a fine way of setting aside the commands of God in order to observe your own traditions! For Moses said, ‘Honor your father and your mother,’ and ‘Anyone who curses his father or mother must be put to death.’ But you say that if a man says to his father or mother: ‘Whatever help you might otherwise have received from me is Corban (that is, a gift devoted to God), then you no longer let him do anything for his father or mother. Thus you nullify the word of God by your tradition that you have handed down. And you do many things like that.”
To love your neighbor but hate your parent is to distort scripture and misrepresent the heart of God.


Saturday, December 29, 2012

Geheimenis van God



Die woord geheimenis dra so iets van ‘n misterie in hom. Dit is iets wat meer is as net ‘n geheim. Dit is ‘n spesiale geheim wat net God verstaan. 

Paulus praat van so ‘n geheimenis in die brief aan die Efesiërs. Efesiërs 2 (NLV):
3 ’n Geheime plan is deur openbaring aan my bekendgemaak. Oor dié geheime plan het ek hierbo kortliks geskryf. 4 Deur dit te lees kan julle ’n begrip vorm van my insig in die geheime Christusplan. 5 God het hierdie geheime plan nie in vorige geslagte aan mense bekendgemaak nie, maar nou het Hy dit deur die Gees bekendgemaak aan die apostels en profete wat aan Hom toegewy is.
6 Dié geheime plan is dat die nie-Joodse nasies deur Christus Jesus saam sal deel in die erfenis van God se volk, dat hulle saam lede van dieselfde liggaam is, en saam deel het aan die beloftes wat op grond van die Goeie Nuus verkry word. 7 Uit genade het God my die gawe gegee om ’n dienaar van hierdie Goeie Nuus te word. Die gawe is aan my gegee deur die werking van God se krag. 8 Aan my, die heel onbelangrikste van al God se mense, is hierdie genade gegee om aan die nie-Joodse nasies die onmeetlike rykdom van Christus te verkondig! 9 Ek moet vir almal duidelik maak hoe God, die Skepper van alle dinge, die geheime plan uitvoer wat nog altyd verborge was.


Die agtergrond van die brief is dat daar in Efese twee groepe in die gemeente was. Die Jode in diaspora wat Christus aanvaar het en ook nie-Jode wat tot geloof in Christus gekom het. Nêrens word die nie-Jode nader beskryf nie. Vir Paulus was dit almal wat nie Jode van sy tyd was nie. Jode is dus die oorblywende stamme van Israel en nie-Jode was in hierdie gevalle die Grieke. In Paulus se brief word God se groot genade dan beskryf wat op beide groepe van toepassing is. Die kern daarvan is seker dat hulle in liefde met mekaar moet saamleef en nie verdeeldheid bring nie, want daar is één God, één Here en één Gees.
Die spesiale geheim waarvan Paulus praat noem hy ‘n paar keer in Efesiërs 3 en 4. Gaan lees dit gerus in meer as een vertaling. Hy beskryf dat God dit aan Hom geopenbaar het wat Hy nog nooit voorheen openbaar het nie. Ons kan dus nie sê dit word in die Ou Testament voorspel nie! Dit is ‘n nuwe openbaring wat vir die eerste keer deur Paulus ontvang is.
Die geheimenis is dat God se genade bedoel is vir Jood en nie-Jood. Is dit al? Dit klink miskien baie klein, veral omdat ons dit al so lank weet, maar die konsekwensie daarvan is dat God se plan juis is dat die hele wêreld (soos in Openbaring herhaal word) Sy genade kan ontvang. God se plan het met Christus se koms, kruisdood en hemelvaart hierdie geheimenis tot vervulling laat kom. Dit het moontlik geword met die skeur van die voorhangsel dat in die Nuwe Verbond enige persoon wat glo nou kind van God genoem kan word.

God het gekies dat Hy deur Sy kinders wil lewe en dat Hy in Sy kinders wil wees. Hy het die wonderlike geheimenis met ons almal gedeel sodat ons, sonder om te wonder of ons nou afstam van een van die stamme van Israel af of nie en of ond bloed suiwer is of nie, kan deel hê in Sy genade.

In die boek waarsku hy ons verder dat ons juis nie oor onbenullighede moet kibbel nie, maar dat ons ons moet oop stel dat God in en deur ons kan lewe.