Friday, December 28, 2012

Sendingopdrag in Openbaring?!



Openbaring 14:6 (1953 vertaling) En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

Verkondig aan die bewoners van die aarde - nasies, stamme, tale en volke. Die vier elemente genoem, verteenwoordig die syfer vier wat die wêreld in geheel aandui. Hierdie wonderlike boodskap wat in Openbaring vir ons gebring word moet werklik aan alle mense verkondig word. Die oorwinning word belowe aan almal wat in God glo en Hom aanbid.

No comments:

Post a Comment