Friday, December 28, 2012

Nubië - (en die Ethiopiër)



Nubië

Nubië is die land wat deur die Grieke in die Bybelse tyd Ethiopië genoem is. Dit was 'n baie hoogsontwikkelde swart bevolking aan die suide van Egipte waar Soedan ongeveer vandag is. Daar is selfs meer piramiedes in daardie streek as wat in Egipte is. Daar word geskryf van die geslaagde weerstand wat Nubië teen die Romeine gebied het. Egipte het 'n baie groot invloed op die Nubiërs se gebruike en godsdiens en waarskynlik taal ook gehad. Hulle het selfs hulle eie simbole taal met 23 tekens gehad onafhanklik van die Egiptiese hierogliewe. Opgrawings het ook duidelik die swart gelaatstrekke van die volk getoon en ook die verskil in voorkoms van dié van die Egiptenare. Daar is nie getuienis dat Jode na daardie landstreek uitgewyk het nie.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die Ethiopiër deur Fillipus na geloofsaligheid gelei is. Die Ethiopiër se naam is nooit genoem nie. Die feit dat hy 'n eunog was, word duidelik genoem en dit is daarom moontlik dat hy nie in die tempel in Jerusalem toegelaat is waar die Skrifte vir hom uitgelê kon word nie. 'n Eunog is iemand wat nie aangetrokke tot vrouens voel nie. Gesien in die lig van die ontwikkelingspeil van die Nubiërs en die invloed van Egipte op Nubië, is dit nie vreemd dat hy die boekrolle kon lees en verstaan nie. Hy was die persoon in beheer van die finansies aan die hof van die Kandake – heerser van die Nubiërs.

Dit is dus baie onwaarskynlik dat hy 'n uitgeweke Jood kon wees wat in daar landstreek geland en opgang gemaak het. Die feit dat dit spesifiek ook opgeteken is in die Skrif, sonder enige verwysings na 'n Joodse afkoms, hetsy Juda of Israel, is 'n aanduiding dat dit deel van God se plan is om ook ander persone, sonder aansiens des persoons, by Sy genadeplan te betrek.

No comments:

Post a Comment