Friday, December 28, 2012

Interessante span



Daar is in Handelinge 13 'n baie interessante span van medewerkers wat in Antiochië gewerk het. Hierdie span het aanbid en gevas en die Heilige Gees het aan hulle gesê om Paulus en Barnabas uit te stuur om die Woord te gaan verkondig.

Daar was Barnabas, Simeon, Lucius, Manean en Saulus. Simeon se noemnaam was Niger wat ook as Swart vertaal kan word. Vir daardie tyd wat name baie betekenis gehad het, dui dit sekerlik op hoe hy vir sy kollegas gelyk het, 'n donker gelaatskeur of dan 'n swartman. Verder is Lucius van Sirene wat 'n dorpie aan die noordkus van Afrika is. Manean was weer 'n persoon wat saam met koning Herodes groot geword het.

Voorwaar 'n multikulturele span.

No comments:

Post a Comment