Friday, December 28, 2012

Seën, weerhouding van seën of vervloeking?


Die aanhaling "Stop asking God to bless what you are doing, and start doing what He is blessing." wat by my uitgekom het, het my laat dink.

Is al die seën wat ondervind word en die herlewings in die Ooste en die uitbreiding van die christendom onder "ander" volke dan die werk van die satan of is dit God wat seën? Is die seën wat ontvang word uit musiek van bv. die Missa Criola wat uit Suid-Amerika kom dan seën of vervloeking? Is al die smokkel van Bybels na Rusland en die verhale van God se seën in Rusland, China, Japan, die ondergrondse kerke, ensovoorts dan seën of oë verblindery? Is die verhale van sendinguitreike en die sorg en voorspoedig maak daarvan dan vals?

Waarom sal God dan nie Sy kinders verhoed om dit te doen as Sy kinders werklik in volle afhanklikheid en toewyding aan Hom dit aanpak nie? Waarom gaan die deure dan oop en nie toe nie? Is al die gebede dan onnodig en teen Sy wil - waarom oortuig Hy dan nie die mense van iets anders nie? Hulle bedoeling en toewyding is tog opreg?

Ek weet hierdie "bewys" niks, maar dit laat mens tog wonder waarom daar so baie getuienisse van God se goedheid en troue sorg is onder mense wat dan nie as afstammelinge van die twaalf stamme gereken kan word nie.

No comments:

Post a Comment