Friday, December 28, 2012

Lidia, die purperverkoopster


Sy word genoem die eerste bekeerling in Europa nadat sy tot geloof gekom het. Fillipi was ‘n Romeinse provinsie en daar was so min Jode dat daar nie ‘n sinagoge was nie. (Tien Joodse mans is voldoende om ‘n sinagoge te kon stig.)

Lidia het God reeds aanbid – sy was afkomstig van Tiatire in klein-Asië en was nie ‘n Jood nie. Vergelyk Hand 16:14 waar dit gestel word dat sy reeds God aanbid het en ook Hand 13:16 waar Paulus verwys na “Israeliete en julle wat God vrees”. Dit was normaal dat mense van nie-Joodse afkoms die Joodse geloof aangeneem het en ingeskakel het by die Jode. Die Heilige Gees het in haar hart gewerk om haar eers te lei tot die Joodse geloof en daarna om na Paulus te luister en deur haar geloof in Christus gered te word. Sy was ‘n invloedryke vrou en het waarskynlik teruggegaan na haar tuisdorp, waar sy haar geloof uitgeleef het en wat weer in Openbaring genoem word as ‘n sterk gemeente.

No comments:

Post a Comment