Friday, December 28, 2012

God se belofte aan die mensdom



In Genesis 12:3 praat die HERE met Abram: "En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word". Ander vertalings praat van "all families of the earth" of "everyone on earth will be blessed because of you". Dan word die aanhaling van die verbond met Abraham in Hand 3:25 herhaal: "en in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word." Dit word ook vertaal as "Through your descendant all families of the earth will be blessed" of "All nations on earth will be blessed on earth because of someone from your family" of "And in thy seed shall all the kindreds of the earth be blessed."

Die uitbreiding van die verlossingsboodskap na mense buite die fisiese Israel is dus bloot 'n voortsetting van God se verbond met Abram. God is dus nie besig om nou van Sy eie woorde af te wyk wanneer Hy die Nuwe Verbond bring nie. Hy bring juis die Ou Verbond tot sy volle konsekwensies. In Gen 12:3 was daar nog nie sprake van 'n volk Israel nie. Hoe kan hierdie woord dan van toepassing gemaak word daarop dat dit slegs vir die fisiese Israel betekenis het? Verder staan hier so duidelik dat 'n nakomeling (naamlik Jesus) vir alle mense tot seën sal wees. Hy sal kom uit die fisiese saadlyn van Israel, en soos ons weet die huis van Dawid, om vir die hele wêreld tot seën te wees. Daarom is daar die verwysing in Galasiërs 3:7 "dat die wat uit geloof is, hulle is kinders van Abraham" sodat almal kan verstaan dat God se beloftes nie net vir Israel is nie, maar dat juis nou met die koms van Christus en Sy kruisdood, dit vir almal op die aarde bedoel is.

Voeg hierby Jes 49:6 en Hand 13:47.

No comments:

Post a Comment