Friday, December 28, 2012

Romeine, Grieke en ander nasies



In Romeine spreek Paulus hom uit oor nie-Jode. Dit is mense wat nie onder die wet staan nie omdat hulle nie die wet ken nie. Paulus se sterk gedagtes dat die wet en wetswerke nie as voorwaardes vir nie-Joodse gelowiges gestel mag word nie. Hy spreek gedurig Jode en nie-Jode aan sonder dat nie-Jode gedefinieer word as net 'n seker groepie mense. Hy gebruik dit ook in 'n vergelyk met Grieke.

Om nou te probeer bewys dat die Grieke eintlik 'n deel van die verstrooide stamme is, is ook teenstrydig daarmee dat die verstrooiing dan juis is dat die Jode opgeneem is in die stamme waarmee hulle verstrooid geraak het en dus alles behalwe 'n suiwer gene-lyn behou het – veral as mens sien hoe maklik hulle met die heidennasies in die OT gemeng het en met hulle vrouens getrou het. (Esra). Hulle is dan juis verstrooi omdat hulle ongehoorsaam aan God was.

Wat dan van die Romeine? Word hulle ook as Grieke gesien, of vanwaar af het hulle geëmmigreer? In die briewe word al die nasies anders as Jode ingesluit by die verkondiging van die evangelieboodskap van redding deur geloof alleen.

Om verder die bepaalde lidwoord "die" nasies te koppel daaraan dat dit verwys na net spesifikie nasies rym net nie, ook nie met die gebruik van nasies in die Ou Testament nie. Daar dui dit juis op nie-Joodse nasies.

No comments:

Post a Comment