Handelinge 5:33-42
vertel van Petrus se verskyning voor die Joodse Raad. Die Hoofpriester en die
Sadduseërs het jaloers geraak op die aanhang wat Petrus en die apostels se
boodskap van Jesus Christus die Messias se verlossing geniet het. Hulle wou
ontslae raak van hulle en Gamaliël het met die aanbeveling gekom waarna hulle
geluister het. Hy het vertel van Teudas wat 'n ander leer verkondig het en
nadat hy doodgemaak is, het sy volgelinge ook verdwyn. Dieselfde het met Judas
die Galileër geword wat tydens die sensus 'n klompie volgelinge opgebou het om
'n opstand te organiseer. Sy mense is ook uitmekaar gejaag na sy dood. Gamaliël
se aanbeveling was dat Petrus en sy boodskap sy verloop moet neem, as dit van
mense is sal dit tot niet gaan en as dit van God is, sal niemand hulle kan keer
nie. Netnou veg hulle teen God!
Ons weet dat die boodskap nog altyd voortgedra word. Dat uiteindelik die hele aarde Sy Naam sal uitroep in lofprysing. Nou wonder mens net oor groepe met 'n leier wat beweer dat hulle spesiale openbarings van God ontvang het, waarom is dit dat daardie boodskap nie regtig posvat nie en die aanhang maar klein en geïsoleerd bly? As God dan aan die werk is, sal niemand hulle kan keer nie.
Prof Dirkie Smit vertel (soos deur iemand anders aan my oorvertel) die verhaal van die kusdorpie met die gevaarlike kus waar baie skepe strand en daar dan drenkelinge is. 'n Paar mense het die nood raakgesien en begin om die drenkelinge te hulp te snel en om 'n waarskuwing teen die kus op te rig, seker 'n vuurtoring of iets. Metterdtyd het hulle sulke goeie werk gedoen dat ander dit raakgesien het en by hulle aangesluit het. Dit het groter en groter geword. Later het hulle die opleiding gegee en ander mense het die reddingswerk gedoen. Hulle het in die sentrum gebly, dit opgeknap en voortdurend verbeter tot 'n baie lekker plek.
Een aand wat daar weer 'n skip in die moeilikheid verkeer het het hulle gerieflik in die sentrum gesit en met 'n stemming besluit dat hulle nie moet uitgaan nie, die mense wat vir hulle werk moet maar uitgaan om te help. Die sentrum het 'n gerieflike klubhuis geword waar hulle in weelde gekuier het terwyl mense langs die kus verdrink het. 'n Aantal mense het weggebreek en 'n nuwe sentrum begin. Dit het maar dieselfde patroon gevolg en mettertyd het daar 'n hele klompie van die klubhuise langs die kus gestaan terwyl daar nog steeds maar drenkelinge gekom het wat gehelp moes word en wat op die ou end verdrink het. Dit is 'n storie, maar laat mens dink oor ons gerieflike veilige gemeentes waarin ons ons bevind.

No comments:
Post a Comment