Friday, December 28, 2012

Sendingopdrag of nie?



Matt 28:19 is die vers wat algemeen bekend staan as die sendingopdrag. Matt 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Nou word daar beweer dat die 1983 vertaling nie reg is nie - daar moet nie staan alle nasies nie, maar al die nasies en dan word die bepalende lidwoord "die" gebruik om te sê dit dui nou net op die nasies van die twaalf stamme. Lees ook elders op die blog oor die gebruik van die Griekse woord ethnos wat as nasies vertaal word. Daar staan ook maak dissipels - dit beteken dan nou nie dat die Evangelie verkondig moet word nie.

In Lukas 24:47 word ook "pas ethnos" gebruik.

Kom ons kyk nou na die opdrag soos deur Markus opgeteken. Mark 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. (ou vertaling) Hier word nie nasie gebruik nie, maar die wêreld as "kosmos" en ganse mensdom is "pas ktisis" wat letterlik vertaal kan word as elke kreatuur op aarde.

Dit wil vir my lyk of die opdrag wyer gaan as dat die Goeie Tyding (Gospel) net aan Israel verkondig moet word.

No comments:

Post a Comment