Friday, December 28, 2012

Petrus en die doek uit die hemel


Petrus en Paulus het verskil oor die verkondiging van die Evangelie aan alle mense. God het ingegryp en vir Petrus 'n gesig laat sien. Alle diere, viervoetiges, wildes, kruipendes en die voëls van die hemel het afgdaal na hom toe met die opdrag van God dat hy moet slag en eet. Direk daarna kom die boodskappers wat Cornelius, 'n Romein, by Petrus en vra hom om saam te gaan na Cornelius. Daar aangekom gaan Petrus in sy huis in met die woorde:

Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.

Ander volk kom van Grieks: allophulos wat beteken "ander" "nasaat" wat ook vertaal sou kon word as "ander ras". Hier is dus nie sprake van ander Jode of Israeliete wat aan een van die 12 stamme sou behoort het nie. Om te beweer dat hierdie slegs na die verlore tien stamme verwys, dra geen Bybelse gronde nie.

En verder:

Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.

Dan word die Heilige Gees uitgestort en word die woord ethnos weer gebruik as vreemde nasie wat anders as die Jode is. Dit word in kontras gebruik met die Jode vir wie die boodskap voorheen net op hulleself van toepassing gemaak is, dat God die HERE is van almal, nie meer net van die Jode nie.

Hoewel Petrus se bediening op die Jode gefokus het, het Paulus nou met ywer voortgegaan om die Evangelie aan almal wat wou luister te bring.

Hand 10 (aangehaal uit die 1953 vertaling van die Bybel)

No comments:

Post a Comment