Friday, December 28, 2012

Is dit te gering?



Jes 49:6: Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

Vertaling van Steenkamp: "Is dit te gering dat U my kneg sou wees tot aan die einde van die aarde?" (bl.140)

And he said,H559 It is a light thingH7043 that thou shouldest beH4480 H1961 my servantH5650 to raise upH6965 (H853) the tribesH7626 of Jacob,H3290 and to restoreH7725 the preservedH5341 of Israel:H3478 I will also giveH5414 thee for a lightH216 to the Gentiles,H1471 that thou mayest beH1961 my salvationH3444 untoH5704 the endH7097 of the earth.H776 (KJV) 

Steenkamp voer hier weer aan dat die vertaling foutief is, waarskynlik omdat hier duidelik staan dat die nasies (nie net Israel nie) onder die Lig van verlossing kom. Daar staan pertinent "salvation" – "y'shuah". Die argument oor die eerste vier woordjies van "dit is te gering" teenoor "is dit te gering" trek die aandag af van die tweede deel wat hy in sy vertaling gerieflikheidshalwe heeltemal weglaat. 

Verder is hierdie vers 'n uitbreiding van die gedagte in Jesaja 42:6: Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies.

No comments:

Post a Comment