Friday, December 28, 2012

Gesprekke

Hierdie is nie 'n nuwe blog nie - dit is 'n herhaling van 'n ou blog wat hier voortgesit word. Ek pos al die ou inskrywings hier omdat dit almal bygedra het tot die geheel, hoewel die jongste inskrywings waarskynlik in 'n nuwe rigting sal beweeg.

Die oorspronklike doel van die blog is om enkele argumente te deel met diegene wat meer lees oor die geloofstandpunte van die Israelwaarheid of -visie en wat bereid is om na enkele argumente oor van die leerstellinge te dink. Dit is nie naastenby 'n volledige beskrywing of samevatting van die standpunte nie.

Ek het intussen besef dat geen mens 'n ander mens kan oortuig nie - dit is slegs die Heilige Gees wat iemand sal oortuig om sy denke te vernuwe. Dit is slegs maar as iemand die genade van God begin verstaan dat daar vrymaking kom.


No comments:

Post a Comment